Aandag alle avonturiers! Die Diereverkenners-reeks is n inspirasie om jou drome na te jaag. Tobie is n jong tier wat daarvan droom om die donkerste dieptes van die oseaan te verken. Al wat hy nodig het, is waagmoed, deursettingsvermoë en n tuisgemaakte duikboot! Kom saam met Tobie op n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte oseaanverkenners. Tobie die diepseeduiker volg op Lola en die singende orgidee in the Diereverkennersreeks.
See more
Current price
€15.73
Original price
€18.50
Save 15%
Will deliver when available.
Product Details
Publication Date: 08 Feb 2021
Publisher: LAPA Publishers
Publication City/Country: South Africa
Language: Afrikaans
ISBN13: 9780639604114
About Sharon Rentta
Sharon Rentta het grootgeword in Chester waar sy n grondslagkursus gedoen het voor sy n BA (Hons) in Grafiese ontwerp by die Liverpool John Moore Universiteit voltooi het. In 2003 verhuis sy na Cambridge om n MA in kinderboekillustrasie by die Cambridge School of Art aan te pak. Sy woon tans in Cambridge saam met haar man waar sy van haar tuisstudio af werk. Toekennings 2004 en 2005: Hoogsaangeskrewe - Die Macmillan-prys vir kinderboekillustrasies. 2013: Heinrich Wolgast-prys vir A Day with the Animal Doctors. Jaco Jacobs is een van Suid-Afrika se topkinderboekskrywers en lewer ook n belangrike bydrae as vertaler. Hy het al meer as tweehonderd boeke van kinderboeke tot tegnologie-boeke vertaal. Van sy vertalings sluit in A bear in a cave van Michael Rosen as n Beer in n grot en Alex Smith se Grietjie en die baie honger leeu. Vir sy vertaling van Chris Riddel se Ottoline and the yellow cat as Willemien en die geel kat kry hy in 2009 die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se prys vir die vertaling van kinderboeke en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur.